Close

January 18, 2018

Eikendal dazzles with Weintaufe Harvest Carnival!

A Winelands jollification for young and old

The Stellenbosch winelands will don their most convivial carnival colours when Eikendal Vineyards celebrates the end of its harvest with a farm-style Weintaufe jamboree that promises a merrymaking funfair for young and old on Sunday, 4 March 2018.

The Eikendal Weintaufe has become a summertime family tradition in the winelands over the years, and this year revelers can once again enjoy a day merriment with exceptional wine, scrumptious pop-up food stalls, grape stomping, lucky draws, carnival performing artists, a visit by their cheetahs, tractor rides and golfing challenges. Live music by the talented Newton & Co. and local sensations, Ram Entertainers, will add rhythm to the festivities.

The estate is known as one of the premium wine producers in Stellenbosch the much-lauded Chardonnay will steal the show. Cellarmaster Nico Grobler will baptise the latest arrival on the day, after which revelers will be able to enjoy it straight from the barrel. All Eikendal wines will be on sale. These include reds, such as the Classique flagship blend; whites, like the award-winning Chardonnay; a charming rosé and an MCC. The food offerings will be prepared by the resident restaurant, Cucina di Giovanni, famous for its delicious Italian fare.

“This year we want to celebrate our Chardonnay in a big way, so come to our winemaking playground and share in the fruits of our labour. We’re having a Harvest Carnival so you better wear your party hat!” shares Eikendal Cellarmaster Nico Grobler.

There will be a strong focus on kiddies entertainment so that Mom and Dad can truly kick back at the water’s edge and savour the latest vintages on offer. Amidst all the popcorn, ice cream and cotton candy treats the little ones can also enjoy a creative wonderland of arts and crafts.

Entertainment ranges from face painting, balloon animals and popular cookie decorations to clowning around in the jungle gym or on the lawn and jumping castle, so prepare to receive a few parent-of-the-year hugs.

As is tradition, Eikendal appoints a Godmother of Godfather to join the celebrations and new harvest. This year, they are honoured that the well-known and award-winning radio personality and cookbook author, Martelize Brink, will wear the much-coveted badge.

Tickets for the Eikendal Weintaufe Harvest Carnival 2018 will be available at the gates on the day and cost R120 per person, which include a free glass and tasting from the barrel plus all the entertainment on the day. Under 18’s get in for FREE. Bring the friends and family and remember the sunscreen.

The gates open at 10h00 and make sure to claim your spot before the official christening and tasting of the new Eikendal Chardonnay 2018 which will take place at 12h00.

For more information on the Eikendal Weintaufe Harvest Carnival 2018 contact the estate at:

Eikendal Vineyards is conveniently situated on the R44 between Stellenbosch and Somerset West.

 


Eikendal skitter met Weintaufe Oeskarnaval!

’n Wynland-jollifikasie vir jonk en oud

Die Stellenbosch-wynlande sal in hul mees kleurvolle karnavalkleure getooi wees wanneer Eikendal Vineyards die einde van die oes met ‘n plaasstyl-Weintaufe-jamboree vier op Sondag, 4 Maart 2018.

Die Eikendal Weintaufe het deur die jare ‘n somertyd-familietradisie in die wynlande geword. Vanjaar kan geesdriftiges weer ‘n dagviering geniet met uitsonderlike wyn, skouspelagtige pop-up kosstalletjies, druiwetrap, gelukstrekkinge, karnaval-artiste, ‘n besoek deur hul jagluiperds, trekkerritte en gholfuitdagings. Musiek deur die talentvolle Newton & Co. en plaaslike sensasies, Ram Entertainers, sal ritme toevoeg tot die fees.

Die wynlandgoed staan ​​bekend as een van die premium-wynprodusente in Stellenbosch, en die veelbekroonde Chardonnay sal die kollig steel. Keldermaker Nico Grobler sal die jongste aankoms op die dag inhuldig, waarna gaste dit direk uit die vat kan geniet. Alle Eikendal wyne sal op die dag beskikbaar wees. Dit sluit in rooi, soos die Classique vlagskipversnit; wit, soos die bekende Chardonnay; ‘n pragtige rosé en ‘n MCC. Liplekkerkos word voorberei deur die restaurant op die plaas, Cucina di Giovanni, bekend vir sy heerlike Italiaanse kos.

“Vanjaar wil ons ons Chardonnay met mening vier, so kom na ons wynmaak-speelgrond en deel in die vrug van ons arbeid. Ons hou ’n Oeskarnaval, so jy beter jou partytjiehoed dra!” lag Nico.

Daar sal sterk klem wees op kindervermaak, sodat Pa en Ma waarlik teen die damwal kan ontspan en die nuutste oesjare kan geniet. Midde al die springmielies, roomys en lekkergoed, kan die kleingoed hulself vermaak in ’n kreatiewe wonderwêreld van kuns en kunsvlyt.

Vermaak wissel van gesigverf en gewilde koekieversiering, tot aapstreke in die klouterraam, op die grasperk of in die springkasteel. Berei jouself voor vir ’n paar ouers-van-die-jaar drukkies.

Volgens tradisie stel Eikendal jaarliks ’n Peetma of Peetpa aan om saam deel te neem aan die vieringe en die nuwe oesjaar. Hierdie jaar val die eer Martelize Brink, die bekende radiopersoonlikheid en kookboekskrywer, toe.

Kaartjies vir die Eikendal Weintaufe Oeskarnaval 2018 sal op die dag by die hek beskikbaar wees en kos R120 per persoon, wat ’n glas, proe uit die vat en al die vermaak vir die dag, insluit. Onder 18’s gaan GRATIS in. Bring die vriende en familie en onthou jou sonbrandroom.

Die hekke open om 10h00. Maak seker jy kry ’n lekker plekkie, voor die amptelike doop en proe van die nuwe Eikendal Chardonnay 2018 om 12h00.

Vir meer inligting oor die Eikendal Weintaufe Oeskarnaval 2018, bel die landgoed:

Eikendal Landgoed is gerieflik geleë op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

sixteen − eleven =